Moenie vir my vra waar ek dit gekry het nie….seker maar in my omswerwinge deur pakke en pakke resepteboeke. Dis ‘n heerlike verfrissende koue slaai, maar wees gewaarsku, dit kan nogal vullend wees. Die foto kom uit my argiewe uit so my Food lovers embleem kan nou die daarby wees nie
300g koring
100g fyngekapte ui
200g fyngekapte tamaties
50g rosyntjies
1 eetlepel fyngekapte mint of 1 teelepel droë mint
1 teelepel koljanderpoeier
1 eetlepel fyngekapte pietersielie
150ml suurlemoensap
Plaas die koring in ‘n bak en voeg genoeg kookwater daaroor sodat dit net bedek is. Bedek die bak met kleefplastiek en laat vir 20 minute stoom. Voeg die res van die bestanddele by en meng deeglik deurmekaar. Laat staan vir ten minste 3 ure maar verkieslik ‘n halwe dag sodat die geure goed kan meng en die koring behoorlik uitswel.
ADAM CLOETE