Indien gebruik – maak eers die granadillawrongel aan. Giet die pulp in ’n sif om die sap en pitte te skei. Plaas die pitte eenkant. Meng 2 eetlepels pitte met die sap. Daar moet ongeveer 100 ml sap wees, andersinsvoeg suurlemoensap by om die 100 ml vol te maak.
Klits die eiergele en suiker in ‘n metaal of glasbak tot lig geel en donsig. Plaas die bak met die eiergeel en suiker bo-op ’n kastrol met water, voeg die botter, granadillasap en suurlemoensap en skil by die eiermengsel en roer deur. Verhit die water in die kastrol op die stoof en roer voortdurend die eiergeelmengsel vir 10 minute oor ’n lae hitte (anders kry jy roereier!) totdat dit die agterkant van ’n houtlepel bedek. Verwyder van die hitte en laat die wrongel in die yskas afkoel.
Berei die yskastertmengsel voor. Klits die roomkaas tot glad. Meng die suurlemoensap, -skil en die kondensmelk en voeg dit by die maaskaas en meng deur. Sny die sponskoek in 1 cm-skywe indien gebruik.
Pak ’n laag koek (of Tennis-beskuitjies) onder in ‘n tertbak en sprinkel die granadillasap of -pulp oor die kors. Skep ‘n laag maaskaasmengsel oor die koek. Pak weer ’n laag koek, granadillasap en maaskaasmengsel. Eindig deur die granadillawrongel, indien gebruik, laastens oor te giet. Laat die tert stol vir 1 uur en val weg.
Wenk:
Vervang die granadillawrongel met ’n boks vla (Ultramel) wat met granadillasap en ’n skeut suurlemoensap gemeng is en skep dit bo-op die tertvulsel.
Resep getoets: Michaela Markgraaff









Die tert is ook baie lekker en maklik en vinnig om te maak. Vir party smake kan dit bietjie suur wees en ek het gedink om volgende keer so bietjie strooi of versiersuiker by die mengsel by te sit. Die pienk op die tert is bietjie granaat molasse wat ek bo-oor en ook in die lae tussen in gesprinkel het.