


VEERBESKUIT
Hier is my resep nou!
3,5 kg koekmeel
5 eiers
2 koppies suiker
500 g margarien
1 blik kondensmelk
2 pers pakkies gis
5 teelepels sout
Smelt margarien en kondensmelk saam in mikrogolf.
Klits eiers en suiker baie goed saam en voeg by margarien mengsel, pasop dat mengsel nie te warm is nie anders word die eiers gaar. Voeg by meel, gis en sout mengsel. Voeg 5 blikkies louwarm water by en knie BAIE goed.
Laat rys tot die skottel vol is. Knie af en laat rys weer vol. MOENIE weer afknie nie.
Maak bolletjies (hanteer so lig as moontlik) en laat rys mooi vol. Bak vir ‘n uur op 180°C.
Haal uit en smeer ‘n mengsel van suiker en water oor. As jy die resep reg kry is jy ‘n YSTER!
Nota:
Die groot geheim is om dit na dit tweede keer volgerys het, so lig as moontlik te hanteer! Ook heerlik met anys by.
BRON- Jeanette Grib
FOTO: Nikki Coetzee
Nota: Tessie Pretorius – ek gebruik ‘n soortgelyke resep, my droë gis meng ek met ‘n eetlepel suiker en 2 eetlepels van die meel dan gebruik ek so ‘n koppie van die louwarm water en kondensmelk mengsel voor margerien bykom om gis mengsel mee aan te maak, laat dit so ongeveer 10 min rus, as jy dit roer moet dit skuim, meng by bloedhitte melk mengsel en knie soos gewoonlik.






