VARK-RYS-PYNAPPELSKOTTEL
500 g varkvleis
1 gekapte ui
1 koppie rou rys
gevriesde groente, opsioneel
400 ml vleisaftreksel
10 g blik pynappelstukke
sout en peper na smaak
Braai die varkvleis en ui in bietjie olie tot bruin.
Skep lae rys en vleis in gesmeer oondskottel. Gevriesde groente kan ook bygevoeg word vir ‘n eenskottelgereg.
Verhit die vleisaftreksel, pynappelstukke, sout en peper saam.
Skep bo-oor vleis en rys mengsel.
Bak 2 ure by 160°C.
Foto en resep geplaas deur RuaanEmmarentia Bolton








