Toe die hele affere koud was het ek dit met gare in 3 gesny.
1 blikkie black pitted cherries
Kirsch (optional)
700 ml room
3 flakes
marachino cherries
Ek het ‘n blik kersies gedreineer en die sous in die mikrogolf warm gemaak. Mens kan bietjie kirsch byvoeg volgens persoonlike smaak.
Verf die stroop oor die eerste laag koek, halfeer die kersies en pak mooi gelyk oor die koek. Sit die volgende laag op.
Klits 700 ml vars room tot styf. Kyk mooi, want mens kan dit net te ver vat, net voor dit botter word dan lyk die room nie meer mooi nie, amper ‘curdled’. Smeer weer stroop oor die laag koek en sit ‘n dikkerige laag room oor. Sit die laaste laag koek op, en ‘versier’ die hele koek met die room. (Hou bietjie room uit om later die rosettes te pipe.)
Gebruik 2 flakes wat goed verkrummel is en plak aan die kante van die koek vas. Die stukkies wat afval het ek opgetel en sommer bo-op gesprinkel. Pipe die rosettes.
Sprinkel nog een flake in die middel (so dis lekker baie tjoklit bo-op). Plak ‘n marachino Cherry op elke rosette. Siedaar.
Skies, maar ek kook soos ek praat, ek sal seker beter Youtube kook videos maak
Resep en foto: Tanya Godwich








