SOETMELK BESKUIT
Resep en foto: Riëtte Wilson Meyer
FOOD LOVERS RECIPES
2 kg koekmeel
15 ml sout
3 x 10 g pakkies kitsgis
35 g (1 boxie) anys
250 g gesmelte botter
1 koppie suiker
1 blikkie kondensmelk
Meng koekmeel, sout, gis en anys. *
Smelt suiker in een koppie water, smelt botter by, roer en voeg die blikkie kondensmelk by.
Voeg mengsel by meelmengsel.
Knie met louwarm water tot sagte deeg.
Laat staan vir 20 minute, maak balletjies, pak in gesmeerde broodpan. Maak pan toe en laat rys.
Wanneer panne vol gerys het, voorverhit oond 180ºC en bak dan 45 minute.
Dood maklik en altyd ‘n reuse sukses.
* Ek los my suurdeeg in bietjie lou suiker water op van dit wat ek aanmaak [bietjie in klein maatbeker] dan rys die beskuit vinniger as wat jy dit saam met die meel en al die ander bestanddele saam inmeng.









Alida Jones
Jip dis ‘n awesome resep. Stunning resep. Dankie