ROOIWYN EN KORTRIB RAGU MET PENNE
+/- 1,5kg kortrib
olyfolie
1 groot ui in ringe gesny
250 g sampioene
10 ml knoffel
1 Bief stockpot
Teelepel tamatie pasta
Halwe bottel rooiwyn (Ek gebruik Merlot)
Gemaalde koljander
Vars gemaalde swartpepper en sout na smaak
Basil
Oregano
Braai kortrib, knoffel, sampioene en uie tot bruin in olie.
Voeg res van bestandele by en bedek met water.
Kook stadig vir 3 na 4 ure. Voeg water by indien nodig.
As vlies sag is en uitmekaar val laat ek die pot oop staan en al die vloeistof wegkook dat daar ‘n lekker taai bruinerige sous vorm. ( Maak myne soos baie ander goed in 3poot pot)
Bedien op penne of pasta van jou keuse.
Bron: Bonita Wright








