
SKAAPLEWER RESEPTE
LEWERKOEKIES
500 g lewer (skaap-, kalf- of beeslewer)
1 middelmatige ui
2 eiers
12,5 ml asyn of suurlemoensap
5 ml sout
1 ml (¼ teelepel) peper
5 ml gekapte pieterselie
vet of olie om in te braai
Maak die lewer skoon soos hierbo beskryf, en sny in stukke.
Sny die ui in skywe en maal die lewer en ui saam of maal die lewer en kap die ui fyn, en voeg dit by die lewer.
Voeg die asyn, sout, peper en gekapte pieterselie by.
Klits die eiers en voeg dit by. Meng alles goed saam.
Verhit `n braaipan en smelt genoeg vet daarin om die boom van pan te bedek.
Skep die lewermengsel met `n lepel in die warm vet en laat dit aan die een kant bruin braai.
Draai die koekies versigtig om met `n slaplem-mes en laat hulle aan die ander kant bruin braai.
LAMSLEWER IN JOU BRAAIPAN: (6 porsies)
5 ml (1 teelepel) gemengde gedroogde kruie
1 kg lams – of wildslewer, in dun repe gesny
60 ml (4 eetlepels) olyfolie
15 ml (1 eetlepel) botter
1 groot ui, fyn gekap
1 groot soetrissie, fyn gekap
250 g knopiesampioene, gehalveer
10 ml (2 teelepels) gekapte knoffel
2,5 ml (½ teelepel) sout
2,5 ml (½ teelepel) varsgemaalde swartpeper
2,5 ml (½ teelepel) gemengde gedroogde kruie
50 ml Olof Bergh Solera Brandewyn
125 ml (½ koppie) port
250 ml (1 koppie) vars room
vars, gekapte pietersielie
Meng die koekmeel met die sout, peper en gemengde kruie en bedek die lewerrepe daarmee.
Verhit die olyfolie en botter en soteer die gekapte ui, soetrissie en sampioene 3 minute lank.
Voeg die gekapte knoffel by en roer dit deur.
Voeg die lewerrepe by en roerbraai dit ongeveer 3 minute lank of totdat die koekmeel om die lewer bruin verkleur.
Geur dit met die sout, peper en gemengde kruie en voeg die brandewyn, port en room by. Roer dit deur.
Sit die deksel op en laat prut dit 2 minute lank. Bedien dit met pap, rys, kapokaartappels of pasta.
Resepte: Marisa Olivier






