

POTGEBRAAIDE LAMSKENKELS
Sny ‘n ui en plaas dit in ‘n swaarboomkastrol saam met die skenkel en ‘n bietjie water.
Kook op stadige hitte en voeg later ‘n bietjie balsmiese asyn by.
Dan sit jy aartappels en wortels by en laat stadig kook tot sag.
Al geurmiddels wat ek bysit is sout, swartpeper en witpeper.
Gedurende die kookproses moet die vleis kans kry om ‘n bietjie bruin te braai ook.
Hierdie proses is +- 3 ure !






