IDEES VIR GEBRAAIDE RYS
Mara Van Zyl
1 Eetl Olie;
1Pakkie Sampioene gesnipper.
1 Ui gekap;
1 Beesstert Blokkie;
1 Koppie Rys.
Braai ui in olie tot glanserig. Verwyder braai nou sampioene in dieselfde olie en verwyder wanneer sag. Voeg nog ‘n bietjie olie by (indien nodig). Gooi nou jou koppie rys in die olie en braai tot lekker bruin, as van die korrels pof is dit ook reg so. Terwyl die rys braai los die sousblokkie op in een koppie kookwater en gooi oor die rys. Laat stadig prut en vul dei water gereeld aan wanneer die rys droog is. Net voor opdiening roer die uie en sampioene by en roer ‘n bietjie botter by. Jy kan meer sout byvoeg maar ek vind die sousblokkie maak die rys sout genoeg.
Resep gekryby Skoonsus Betta, sy het gereeld in die Hotel op Aus bedien.
Loryne Maria Johanna Styger
hi ek braai my rys in margerien hou aan roer vir vasbrand laat oppof dan gooi ek water by en braai spices greenpeppers opgesny ui opgesny en tamaties blokkies gesny ek ken hom as vuilrys baie lekker
Anton Fourie
Ek gooi net so twee eetlepels olyfolie in die pot met n koppie rys en spice wst pas by jou vleis. Maw as jy hoender saam eet gebruik hoender spice. Dan gooi ek ina paarman green onion spice by en brasi dit tot die rys lyk soos rice chrispies op n lae hitte. Roer die heeltyd. Sodra dit reg is gooi versigtig kook water in. Dit kook op en kook maklik oor. Laat kook tot water op is of rys sag is. Moenie afspoel nie. As die rys nog nie sag is nie gooi weer water by. Net voor hy gaar is gooi ek n koppie stirfry groente by. Geniet








