LEPELBROOD
450 ml melk
300 ml mieliemeel
5 ml sout
50 ml margarien, gesmelt
4 eiers, geskei
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n diep oondvaste bak van 24cm met margarien. Verhit die melk tot kookpunt. Verwyder van die hitte en roer die mieliemeel geleidelik by, roer tot glad. Plaas terug op die hitte en laat kook tot die mengsel verdik het; roer elke nou en dan. Voeg die sout, asook gesmelte margarien by. Verwyder van die hitte en laat heelwat afkoel. Klits die eiergele en vou by die mengsel in . Klits die eierwitte styf en vou ook by die mengsel in. Skep in die voorbereide bak en bak sowat 35-40 min lank of tot gaar. Dien warm op saam met ‘n smeersel botter. Genoeg vir 4-6 mense.
Dankie aan : *my eie* Ouma Nellie
Foto: Noeline Schoeman Vermaak
Geskuif
DONE
Dankie, Linda Venter, vir hierdie heerlike resep. Ek het kaas bo-oor gestrooi, mens kan eintlik so baie met hierdie resep doen. Dit was heerlik saam met souserige maalvleis.
Ek het net gevind dat ek dit nie kon terugsit op die plaat nadat ek die mieliemeel bygevoeg het nie, want dit het dadelik heeltemal verdik. Ek het toe nog ‘n bietjie melk bygesit en dit in die mikrogolf verder gaargemaak om te verhoed dat dit aanbrand (mieliepap brand mos as ‘n reel maklik aan). Dink ek sal in die toekoms van die begin af die mieliepap in die mikrogolf gaarmaak. Hierdie resep is ‘n wenner en so maklik om te maak. Nogmaal baie dankie.