

KOUE TUNATERT
2 blikkies tuna in water
1 blikkie fyn pynappel
1 pakkie pynappel jellie
1 eetlepel gelatien
1 koppie kookwater
1 koppie mayonnaise
1 koppie gerasperde kaas
Los jellie op in kookwater, smelt gelatine in bietjie koue water en voeg by. Laat afkoel. Voeg dan mayonnaise by en meng deeglik. Sodra die mengsel begin stol, voeg die tuna, pynappel en kaas by. Laat in yskas om te stol.






