JOHAN LUDVIG RUNEBERG KOEKIES
Hierdie word vernoem na Johan Ludvig Runeberg. (Johan Ludvig Runeberg (5 February 1804, Jakobstad – 6 May 1877, Porvoo) was a Finnish (Finland-Swedish) poet, and is the national poet of Finland. He wrote in the Swedish language.
100 g margarien
100 ml suiker
1 eier
100 ml koekmeel
100 ml broodkrummels
50 ml amandelpoeier
1 teelepel bakpoeier
1 druppel bitter amandelolie (Ek het gewone amandel geursel gebruik)
Bo-op:
½ eetlepel suurlemoensap
1 eetlepel water
200-300 ml versiersuiker
framboos konfyt (raspberry jam)
Klits margarien en suiker tot romerig.
Voeg eier by en klits goed.
Voeg die droë bestanddele by en meng goed.
Vul muffinpapiertjies.
Bak by 200°C vir 10 – 15 min.
Laat afkoel en versier dan met die versiersuiker mengsel en framboos konfyt.
Resep: Wanda Hilda Moag









geskuif