Geur die heel hoender lekker met sout/peper en speserye van jou keuse.
Maak 4 – 5 foil balle so groot soos ‘n eier, sit dit onder in jou slow cooker, pak ‘n paar aartappels onder tussen die balle.
Sny ‘n ui en plaas tussen die aartappels, sit nou jou hoender, borskant onder toe op die foil balle, ek het sommer bietjie ui bo-op ook gesit.
Maak toe, sit die slow cooker op high vir ongeveer 3 – 4 ure hang af hoe groot is die hoender.
Wanneer alles lekker gaar en sag is, maak ‘n pakkie hoender sous aan met so ½ koppie water en giet oor die hoender om die sousie onder in die pot lekker dik te maak.
Maklik en mens hoef nie eers die pot op te pas of die hoender om te draai nie. Onthou om nie die pot oop te maak voor die einde nie. Geniet.
Resep en foto: Rina Kleinhans
Foto: Jeanette Lubbe










Ek het nie foelie balle gemaak nie maar die hoender direk op aartappels & uie gesit.Sprinkel sout oor die groentes. Verwyder die binnegoed in die plastiek sakkie uit die karkas holte van die hoender en spoel af binne & buite & druk droog met kombuis papier. Sprinkel sout en/of speserye/kruie van jou keuse binne in en oor die buitekant. *Ek het knoffel sout, Italiaanse kruie & Robertsons se Garlic & Herbs speserye gemeng en binne & buite gestrooi en toe ‘n halwe suurlemoen in die hoender gedruk. Sit die hoender borskant onder bo-op die groente en moet NIKS vloeistof bygooi nie. Ek het vanoggend vars “tomatoes on the vine” by Food Lovers gekry en ‘n takkie van dit bygesit vir ‘n lekker Italiaanse geur saam met die kruie. Sit die deksel op en sit die prutpot op Hoog vir 3 tot 4 ure dan behoort die hoender sappig & gaar te wees.