HOENDER IN DIE PRUTPOT OP FOIL BALLE
Geur die heel hoender lekker met sout/peper en speserye van jou keuse.
Maak 4 – 5 foil balle so groot soos ‘n eier, sit dit onder in jou slow cooker, pak ‘n paar aartappels onder tussen die balle.
Sny ‘n ui en plaas tussen die aartappels, sit nou jou hoender, borskant onder toe op die foil balle, ek het sommer bietjie ui bo-op ook gesit.
Maak toe, sit die slow cooker op high vir ongeveer 3 – 4 ure hang af hoe groot is die hoender.
Wanneer alles lekker gaar en sag is, maak ‘n pakkie hoender sous aan met so ½ koppie water en giet oor die hoender om die sousie onder in die pot lekker dik te maak.
Maklik en mens hoef nie eers die pot op te pas of die hoender om te draai nie. Onthou om nie die pot oop te maak voor die einde nie. Geniet.
Resep en foto: Rina Kleinhans
Foto: Jeanette Lubbe


