

WIETSKE SE KROKETTEN
500 g kalfsvleis (seker maar bees, beslis NIE maalvleis NIE)
500 ml aftreksel (van die vleis wat sag gekook is)
60 g meel
60 g botter
1 ui, fyngesny
pietersielie
kerrie
sout en peper
neutmuskaat
eier
broodkrummels
Kook vleis tot sag. Braai ui in botter. Roer meel by en voeg dan vloeistof bietjie-bietjie by.
Roer elke keer goed tot ‘n gladde stywe mengsel verkry is. Voeg fyngesnyde vleis en geurmiddels by.
Verkoel goed en vorm dan langwerpige of ronde krokette (rond is dit “Bitterballen”).
Rol in droë krummels, eier en dan weer broodkrummels.
Bak in diep olie tot mooi bruin en “krokant”, dis waar die naam krokette vandaan kom.
Ek het het dit net een keer self gemaak, koop dit deesdae by iemand wat dit tuis maak en vries.
Dis baie makliker en ook heerlik.
Bron: Wietske Mioch Roux – My ma se resep






