CHELSEA BUNS ALA RIA
Ek het kort pad gevat ek het deeg gekoop die by supermark toe rol ek dit uit so 30 x 30cm, strooi ongeveer 100 ml kaneelsuiker ook en toe die rosyne, rol in ‘n wors en sny in 8 stukke.
Sit in die gespuite pan, nie te naby aan mekaar nie. Verf met suikerwater en bak so 20minute by 200 ºC.
Neem 2 koppies versiersuiker en bietjie kookwater net om ‘n slap icing te maak en skep oor buns, maar laat die buns eers goed afkoel.
Resep en foto: Ria Jacobs








