

VINNIGE KOEKSISTERS
3 koppies koekmeel hoogvol
2 teelepels bakpoeier
2 eiers
1 ½ koppies melk en water gemeng ( of karingmelk of suurmelk kan gebruik word vir meer smaak.
1 eetlepel margarien
knippie soutMeng droë bestanddele en vryf botter in .
Klits eiers en vloeistof .
Maak aan en knie 10 min. Laat staan vir 3 ure .
Rol deeg uit, sny en vleg. Bak in warm olie tot lekker bruin, skep direk in koue stroop, maar moet nie dat die olie in die stoop drup of anders om nie.
Maak stroop aan plaas in yskas. Plaas stroop in ‘n bak en bo-op ys wanneer jy bak .
Wissel af met ‘n ander bak stroop uit die yskas, dit sal jou stroop koud hou.
STROOP
4 koppies suiker
1½ koppies water
½ teelepel kremetart
½ teelepel gemmer
2 stukke heel kaneel
1 tot 2 teelepels gliserien, laaste gebruik ek as ek dit het…..
Los suiker op lae hitte op en wanneer suiker klaar opgelos is, kook NET 5 min. op hoe hitte, nie langer nie, anders versandsuiker jou stroop en is dit ook in jou koeksister.
Ek voeg baie keer ‘n bietjie meer water by op ‘n groot hoeveelheid stroop.
Nota: Ek laat dit op kamer temperatuur staan…as dit ‘n baie warm dag is sit ek ook van dit in die koelkas en meng dit met my ander stroop.
Soos ek al gesê het ek maak baie stroop en wat oor is bere ek vir die volgende keer, kom niks oor nie…. ek bak baie koeksisters so dit is maklik as ek ‘n voorraad het…..!
Resep: Pearl Van Der Walt






