STOMPIE SE BROCCOLI SLAAI
1 heel broccoli sny in klein deeltjies (blommetjies) hou rou
250 g gebraaide spekstukkies
± 1 koppie kaasblokkies
1 ui fyngekap
1 pakkie croutons (ek maak my eie van 4 snye witbroodblokkies wat ek in olie bak)
Meng alle bestanddele behalwe croutons saam.
Sous:
8 eetlepels Mayonaise
6 eetlepels strooisuiker
2 eetlepels wit asyn
Meng saam en giet oor bogenoemde mengsel. Hou in yskas. Voeg die croutons net voor opdien by anders word die croutons pap.
Resep en foto: Stompie Theron Borman








