MIRACLE WHIP SLAAI MET ERTJIES
1 blaarslaai gekap
Skep Miracle whip mayonaise oor die blare.
Strooi in lae die volgende oor die blaarslaai’
1 koppie gekapte uie
1 koppie groen soetrissie, ek het nie want ek eet nie green pepper nie.
1 koppie gerasperde kaas
1 koppie ertjies, ek het vars ertjies uit die tuin gebruik blikkie is ook reg.
Skep weer mayonaise oor.
Breek Bacon kips fyn en sprinkel bo-oor, ek gebruik my potato masher om dit mee fyn te maak.
Sit olywe bo op, ek het nie want ek eet dit nie.
Maak minstens ‘n halwe dag voor die tyd sodat die geure heerlik kan trou.
Resep en foto: Marie Rheeder Troskie – vriendin wat lankal oorlede is se resep.








