APPEL EN BROCCOLI SLAAI
vir 2 mense
1 appel lekker koud gemaak met skil en al
2 koppies broccolli klein blommetjies gebreek
hand vol lekker gemengde neute
hand vol droe cranberries
nut and seed mix na smaak
Fennel blaartjies fyn gekerf
Slaaisous
1/3 koppie mayonnaise
2 eetlepels appelasyn
30 ml suiker
10 ml kondensmelk of nog suiker na smaak
Sny die appel middeldeur en haal die pitte uit, sny is baie dun skyfies, gooi in yswater… haal uit skud lekker droog en pak op ‘n opdien bord, gooi die fennel blaartjies bo-oor die appel.
Gooi die broccolli blommetjies bo op, gooi die neute en cranberries bo-op, en dan die nut en seed mix bo-oor.
Maak die sousie vroegtydig, meng goed dat die suiker goed smelt, gooi oor die slaai en sit in die yskas om lekker koud te word. Versier met ‘n paar fennel blaartjies…
Moet nie die slaai te lank voor die tyd maak nie, die appel sal verkleur.
Baie baie lekker en vars
Resep en foto: Rina Kleinhans








