

GRANADILLA YSKASTERT
Lewer 1 groot bak
1 blik (410 g) ingedampte melk, oornag verkoel
125 ml (½ koppie) strooisuiker
1 blikkie (110 g) granadillamoes
1 pakkie (80 g) jellie, suurlemoengeur
250 ml (1 koppie) kookwater
2 pakkies (200 g elk) Tennisbeskuitjies
granadillamoes of suurlemoenskyfies vir versiering
Klits die koue melk en voeg die suiker stadig by. Voeg die granadillamoes by en meng.
Meng die jellie en kookwater, roer tot opgelos. Laat afkoel, maar moenie dit laat stol nie.
Roer die afgekoelde jellie in by die melkmengsel.
Pak ’n laag Tennisbeskuitjies in ’n groot bak en giet van die melkmengsel oor die beskuitjies.
Herhaal die lae en eindig met die melkmengsel.
Verkoel tot die tert gestol is. Sit voor met ekstra granadillamoes of dun skyfies suurlemoen.
Resep getoets en foto: Katie Heine






