SPRINGBOKLENDE
Mooi maakwenk: Ons bord is gemaak uit ou vloerplankies wat maklik aan mekaar getimmer en afgeskuur is. Dit kos niks en lyk baie goed.
Gebraaide springboklende met goue wortels, aspersies, klein kool koppe, parmesan kaas, pietersielie emulsie, bros gebraaide brood krummels met suurlemoenskil
Voorbereidingstyd 35 minute
(Hou solank jou oond reg op 200ºC om vleis warm te maak net voor die bediening)
10 x 150 g Springboklende of kruisskyf
Olyfolie
Sout en peper
Vryf die Springbokvleis in met die olie en sout en peper. Maak seker die vleis is kamer temperatuur voor jy dit begin braai.
In ‘n lekker groot pan seël die vleis goed af, omtrent 3 minute aan ‘n kant en sit een kant om te rus.
Groen en goue groente
30 klein goue wortels
30 dun vars groen aspersies
5 klein kole, in kwarte gesny
2 eetlepels botter vir braai en n bietjie ekstra….
‘n handvol tiemietakkies
Blansjeer al die groente deur in kokende water te dompel vir een minuut haal uit en plaas dadelik in ‘n bak yswater, die kleur bly dan behoue en die groente lyk mooi vars. Braai die groente in die botter tot lekker gekaremaliseer vir omtrent 3 tot 5 minute, voeg nog n lekseltjie botter by en die tiemie, hou warm. Vir ‘n bietjie ekstra kleur het ons die groente ook vinnig op die riffelpan laat kleur kry!
Ko wenk: Plaas die groente eers in ‘n groot genoeg sif of vergiettes en dompel dan in die kokende water om die proses maklik te maak.
Bros broodkrummels
8 snye dag ou brood
50 ml Olyfolie
Skil van 2 suurlemoen
125 ml fyngerasperde Parmesaan kaas
Verwerk die brood in voedsel verwerker tot grof en braai in olie tot bros, voeg die suurlemoen skil en parmesan by en geur met sout en peper, hou eenkant.
Pietersielie Emulsie
100ml melk
300 ml canola olie
Handvol pietersielie baie fyn gekap
Knippie sout
Meng melk en pietersielie saam. Gebruik n elektriese hand klitser en voeg die olie stadig by die melk en pietersielie mengsel tot dit lyk soos dik room voeg n knypie sout by en hou eenkant.
Hierdie is lekker om te maak met enige geur as ‘n plaasvervanger van mayonnaise
Makiete – Episode 2