

OUMIE SE SJOKOLADE KOEK
6 eiers
2 koppies suiker
2 koppies koekmeel (NB: sif 3x)
1 koppie kookwater
¼ koppie kakao
½ koppie olie
4 teelepels bakpoeier
Los die kakao in kookwater op en laat goed afkoel. Voeg die olie by. Klits intussen die 6 eiers en suiker BAIE goed saam (dis die geheim van die koek!) Voeg kakao-mengsel by. Voeg meel by en meng. Laaste die bakpoeier – klits, maar nie te veel nie.
Verdeel die beslag in 2 koekpanne (gesmeer of gespuit) en bak 25-30 min tot gaar. Laat effens afkoel in die pan en keer dan versigtig uit.
Resep en Foto: Anja Martins (13 jaar oud)
Stompie Theron Borman sê: Hierdie koek is net soos een wat ek ook bak en as ek wit koek wil hê los ek die kakao uit en gooi die selfde hoeveelheid maizena in en twee teelepels vanilla geursel. Vir lemoenkoek vervang ek kookwater met gekookte lemoensap en lemoengeursel.






