

SJOKOLADE-EN-PEPPERMINTBLOKKIES
375 ml suiker
150 ml ingedampte melk
30 ml margarien
115 g wit malvalekkers, in stukkies gesny
300 g donker sjokolade of melksjokolade
5 ml vanilla geursel
2 stafies peppermint crisp, in stukke gebreek
Voer n 23cm broodpan met tinfoelie uit(as jy kleiner blokkies verkies, kan jy ‘n vierkantige pan van 23cm gebruik).
Verhit die suiker,ingedampte melk en margarien saam.
Verhit die mengsel tot kookpunt, roer heel tyd.
Kook dit vir ongeveer 5 minute en haal dit van die plaat af, roer dit vinnig tot al die malvalekkers gesmelt is.
Skep die mengsel in gesmeerde pan en sprinkel peppermint crisp bo-oor, laat staan vir 24 uur of langer in die yskas.
Keer die mengsel uit die pan en trek die foelie af en sny in blokkies
Geplaas deur Antoinette Welman:






