Stoom die stertjies alleen vir 40 minute met net sout, peper, bietjie knoffel en ‘n gekapte ui. Sit dan die aartappeltjies by en stoom verdere 15 minute. Pak die stertjies en aartappels oop op ‘n draadrakkie en bak teen 200°C vir ongeveer 30 minute (draai na 15minute om) tot goudbruin. My man hou van varsgebakte brood met appelkooskonfyt saam met die stertjies en aartappels – maar daar is genoeg sousies in die stoompot vir stampmielies of iets dergeliks
Resep en foto: Sansha Meyer








