“SWEET TANGY” RADYSE
Benodig hele klomp radyse, ongeveer 1 kg, was mooi en sny in dun skyfies, strooi suiker oor en bere oornag in yskas. Voeg die volgende in kastrol en kook 5 min saam:
200 ml water
300 ml wit asyn
250 ml suiker
knippie sout
10 ml pickle spice
Voeg afgespoelde radys skyfies by en bring tot kookpunt, kook 5min.
Gooi in gesteriliseerde flesse.
Moet 24 uur staan voor gebruik.
Resep en foto: Marietjie van der Merwe








