TEXAN STEAK AARTAPPELDIS
Texan steak(oor die kole gebraai).
Aartappels gekook in skil(soveel jy wil)
Ina paarman se witsous poeier
Pakkie spek
2 uie, fyngekap
Metode:
Kook vleis in drukkoker met net genoeg water om vleis te bedek vir so 10min,gooi water af.
Dit help om erge brand af te haal.(Die wat hou van sterk goed het nie nodig om dit te doen nie.)
Gooi weer bietjie water oor en sny spek in stukke en voeg by.
Kook vir 30min. Tot sag. Haal af.
Skep uit. Sit gekapteui in res van sous van die vleis en braai tot bruin.
Plaas alles met afgeskilde aartappel in by die pot.
Maak witsous met 1L melk in microgolfoond tot gaar.
Meng alles saam.
Rsper Kaas. Pak in 2 lae met kaas in die middel en bo op. Sit in die oond tot kaas gesmelt het.
Dit is regtig baie lekker!
Foto en resep geplaas deur Tania Pretorius








