PRAWNS IN DIE OOND
125 ml botter, gesmelt
1 suurlemoen, in skyfies gesny
2/3 eetl droë Italian seasoning
2 teelepels garlic (vars of gedroog)
Pak prawns in oondpan.
Gooi botter oor.
Sit die suurlemoenskywe bo-op die botter en prawns neer.
Sprinkel die Italian seasoning en garlic oor.
Sit in voorverhitte oond vir 15 min by 350°F (175g°C).
SUURLEMOENRYS:
2 k rys
1 suurlemoen
4 k water
knippie sout
Rasper 1/4 van die suurlemoen se skil af, net die geel nie die wit nie. Wit is baie bitter.
Gooi rys en water saam in ‘n pot
Halveer suurlemoen en druk die sap uit.
Verwyder pitte en gooi nou die sap by die rys asook die stukkies skil.
Bring rys tot kookpunt en laat kook vir 2 min en verlaag dan hitte tot die laagte stelling en los vir 15-20 min tot alle water absorbeer is.
As jy nie suurlemoen het nie, gebruik net suurlemoensap.
Geplaas deur Deon Oosthuizen