ADRIANA SE “RANDREKKER” HOENDER
Het gisteraand my eie randrekker resep gemaak en daar het nie ‘n krieseltjie oorgebly nie en ek het 2 grooot seuns.
3 Hoender borsies, kook van die been af met een groot ui opgesny, speserye na smaak, ek gebruik garlic en herb en rosemary en olive sowel as hoender speserye en 2 stock blokkies.
Apart braai jy sampieoene en rooi of groen soetrissie gekerf. As hoender fyn en van been af is, skep jy die sampieonmengsel by en kook nog so paar minute saam.
In groot oondbak sit jy gaar bruin rys, lekker dik laag, dan skep jy die hoendermengsel bo-op.
Maak ‘n witsous, vervang die helfde van die meel met pakkie sampioensoppoeier, giet oor die hoendermengsel en rasper klein bietjie kaas bo-oor, sit in oond vir so 20 minute.
Foto en resep geplaas deur Adriana Wait Louw








