My familie hou van die mayonnaise appelkoos konfyt hoender.
Enige hoender porsies van jou keuse.
1 koppie mayonnaise
1 koppie appelkoos konfyt
1 pakkie dik wit uiesop
1/4 koppie water
Sit hoender in ‘n casserole. Meng mayonnaise en appelkoos konfyt en smeer oor hoender. Meng nog indien nodig. Gooi die droe wit uiesop oor en dan die 1/4 koppie water. Maak toe en bak op 180 vir ‘n uur. Draai halfpad deur. Bak sonder die deksel vir die laaste 10-15 min.
Dit maak ‘n lekker sous vir rys en bedien saam jou keuse van groente.
Lizelle Lambert
Foto: Sharon Naude