APPELKOOSKONFYT HOENDER

Chicken ala Gideon
APPELKOOSKONFYT HOENDER
Resep:Lizelle Lambert
Foto: Sharon Naude
FOOD LOVERS RECIPES
My familie hou van die mayonnaise appelkoos konfyt hoender.
enige hoender porsies van jou keuse.
1 koppie mayonnaise
1 koppie appelkooskonfyt
1 pakkie dik wit uiesop
¼ koppie water

Sit hoender in ‘n casserole. Meng mayonnaise en appelkoos konfyt en smeer oor hoender. Meng nog indien nodig.
Gooi die droë wit uiesop oor en dan die ¼ koppie water. Maak toe en bak op 180°C vir ‘n uur.
Draai halfpad deur. Bak sonder die deksel vir die laaste 10 – 15 min.
Dit maak ‘n lekker sous vir rys en bedien saam jou keuse van groente.