PLAATKOEKIES OF WAFELS
Klits:
2 eiers
500 ml karringmelk (1 houertjie)
2 e olie
Sif saam (ek sif sommer bo-oor bg):
500 ml koekmeel
1½ e suiker
bietjie sout
1 t koeksoda
Dan klits ek alles stadig en braai in pan wat liggies gesmeer is met olie – sodra borreltjies maak een kant, dop om – pan moet nie te warm wees nie en ook nie te koud nie.
Resep en Foto: Marietjie Nel









Done