

MARIETE SE TROPISE HOENDERSLAAI
Kerrie Mayonnaise:
180 ml mayonnaise
15 ml suurlemoensap
75 ml blatjang
7.5 ml kerrie
Sout en peper
Slaai:
6 – 9 hoenderborsies gerooster
1 middelsag ui – opgekap
565 g lietsjies in kwarte gesny
425 g mango in blokkies
125 ml gekapte Pietersielie
Blaarslaai
Meng alle bestanddele van mayonnaise. Sny hoenderborsies in skywe en plaas in mengbak. Voeg uie, vrugte en pietersielie by hoender. Skep mayonnaise oor en meng deur. Bedek bak met plastiek en plaas in yskas in ten minste 1 uur.
Rangskik slaaiblare op opdienbord en skep hoender bo-op. Bedien met vars brood
Vriendin se hoenderslaai tjop tjop verander na prawnslaai met mango (d gevriesde blokkies werk die beste) met koljanderblare in. Op blare bedien!! Is heerlik en refreshing. (Waar die hoenderresep mayonnaise blatjang en kerriepoeier inhet het ek sommer van daai sous op die regterkant ingegooi en leftover suurroom ook.)
Verder is pa se bord midstride gegryp vir n vinnige foto. LOLOL)
Verder is pa se bord midstride gegryp vir n vinnige foto. LOLOL)
Resep en foto: Lindi Claassens








