

MAKLIKE MACARONI GEREG
2 koppies rou macaroni
Kook die macaroni tot aldente, dreineer die water af.
Braai 2 pakkies snipper onbytspek saam met1 ui opgekap.
Skep die macaroni en spekmengsel in ‘n oondbak en rasper kaas by ongeveer ¾ koppie.
Giet 1 houer room (250 ml) by en meng alles saam.
Sprinkel ekstra kaas oor en bak in oond en geniet.
My gesin kon nie wag vir die ete.
Resep en foto: Regina Swanepoel






