LEMOENPATATS
(my eie resep – getoets en heerlik)
1 Pak bevrore patats (dit is makliker as om dit nog te kook)
Gooi dit in ‘n dieperige vuurvaste bak.
(Ek sit dit so paar minute in mikrogolfoond om te ontdooi – 5 minute).
Kook sap van ‘n aantal lemoene wat die patats sal bedek (afhangend hoe groot die lemoene is).
Rasper skil van ‘n halwe lemoen in die lemoensap (nie die wit nie – dit is bitter).
Maak ‘n mengsel aan van meelblom (Maizena) met ‘n bietjie water.
Wanneer die lemoensap kook, roer die meelblom en water in dat dit lyk soos ‘n dikkerige vla en deurskynend is.
Voeg suiker na smaak by.
Giet dit bo-oor die patats en bak in oond teen 180°C tot ligbruin bo-op.
Dit hou ook goed in die yskas en ‘n variasie op gebraaide patats.
BRON- Elize Colton








