Ek braai so 2 uie bietjie saam met die vleis todat die vleis mooi kleur het.Gooi dit toe met water en kook tot vleis sag is,vul water net heeltyd op as dit baie wegkook,die vleis moet so net-net toe wees.Wanneer vleis sag is geur met sout of wat ookal jy wil gebruik,gooi die aartappels in en kook tot net begin sag word en dan kom die wortels in en wanneer dit sag is maak ek aan 1/2 teelepel borrie,1 teelepel kerrie poeier,1 teelepel maizena, 1 teelepel suiker en net genoeg asyn om daai bestanddele te meng,gooi so halwe koppie blatjang by die kerrie mengsel en meng goed deur en nou gooi jy dit oor die kos in die pot en meng liggies deur sodat aartappels nie breek nie en kook so paar minute op die laagste stelling van die plaat net dat alles verdik en gaar word in die sous.
BRON- Naudéa Visser