KERRIE KOMKOMMERS
3 kg komkommers – gesny in stukkies
4½ koppies asyn
1 kg uie – fyn gesny
5 ml borrie
1 kg suiker
10 ml kerriepoeier
5 ml sout
20 ml mielieblom
Kook uie , suiker en asyn so 20 minute. Voeg al die ander bestanddele by en kook nog so 20 min, tot komkommer en uie sag is. Maak mielieblom met ‘n bietjie asyn aan en voeg by kokende mengsel terwyl jy roer. Kook deur en bottel warm. Heerlik yskoud saam braaivleis!
Resep ingestuur deur: Edwina Pretorius
Foto: Edwina Pretorius