GIDEON SE FRIKKADELLE
500 gram maalvleis
1 en half koppie dröe broodkrummels
1 pakkie dröe uiesoppoeier
1/2 koppie pietersielie
1 eier
Swart peper
Skeut balsamiese asyn
Skeut wit asyn
Meng vleis, pieterselie, eier, peper en 2 asyne in ‘n bak.
In 2 de bak meng:
Soppoeier en broodkrummels met water om klam te maak.
Meng die 2 mengsels met vleisvurk en vorm balletjies.
Plaas in gesmeerde bak.
Sprinkel broodkrummels en bietjie soppoeier oor.
Gooi bietjie water of vleisaftreksel onder in skottel.
Bedek met tinfoelie en bak 1 uur by 180ºC
Resep en foto – Gideon Louw









