Dit werk elke keer…resep
+/- 2 Kg skaaprib in blokkies gesny
3 teelepels sout
1 teelepel borrie
2 teelepels kerriepoeier
1 teelepel peper
1 groot ui
2 eetlepels asyn
1 eetlepel appelkoos konfyt
Gooi alles mymekaar in n meng bak, en meng goed deur, plaas alles in n baksakkie, en gooi 2 koppies water daarin, knoop toe en steek so paar gaatjies aan die bokant in die sakkie…
Kook nou oornag, of deur die dag op hoog vir so 8 ure, gooi alles nou uit die baksakkie uit in die pot, en sit die aartappels by met nog 1 teelepel sout, gooi 2 koppies water by en een koppie bruin rys, en kook op hoog vir nog so 1 en n half uur. As die rys gaar is, skep maar op en laat loop.
BRON- Stefaans Blaauw








