

KAINGS UITGEBRAAI
EK HET DIE SKAAP SE LIES GEBRUIK EN KLEIN BLOKKIES OPGESNY.
Kook nou jou vleis in sout water, vir n kort rukkie die velletjie moet meegee as jy hom teen die kant vasdruk. Skep nou die saggekookte vleis uit die water in ‘n pan ek het my swart pot gebruik en braai tot “crackling”kaiings. Bedien saam met pap of vars gebakte brood. Sprinkel geel sout oor die kaiings. Ek het pap en spinasie gegee as by kos saam met die kaings.






