SYLVIA SE BROOD WIELIETJIES
Sny ‘n ongesnyde witbrood in sy lengte nie te dun of te dik nie.
Smeer ‘n 1/3 met smeerkaas, ‘n 1/3 met pesto en ‘n 1/3 met marmite gemeng met botter of enige smeer wat nie sal loop nie.
Sit ‘n dun kaasworsie of viennaworsie in die middle en rol hom styf op.
Draai dit dan in foil soos ‘n worsie.
Sit oornag in yskas.
Neem dit net so saam in die foil en jy kan dit in dun skyfies sny as jy by jou bestemming aankom. Dan sal die broodjie nie uitdroog nie.
Resep en foto: Sylvia Carstens








