ARMMANS POEDING
1 koppie koekmeel
1 teelepel gemmer
knippie sout
1 teelepel koeksoda
½ koppie kookwater
2 eetlepels gouestroop
2 eetlepels botter
Stroop:
3 koppies water
1 koppie suiker
Plaas die stroop bestanddele in ‘n kastrol en kook tot ‘n stroop, hou die stroop kokend warm terwyl jy die deeg aanmaak.
Sif die koekmeel, gemmer en sout saam. Los die koeksoda op in die kookwater. Voeg die stroop en botter by en meng deur. Laat die mengsel effens afkoel en roer dit by die meelmengsel tot ‘n deeg. Skep lepelsvol deeg by die stroop in die kastrol en kook stadig met die deksel op vir ongeveer 1 uur.
Foto: Roneel J V Vuuren Lambrechts
Resep geplaas: Rina Kleinhans