

GESTOLDE KAASVORM
(175 g) bloukaas (wedge), gerasper
1 klein ui, gerasper
1 houertjie gladde (ongegeurde) maaskaas
1 sakkie gelatien
1 houertjie room, styfgeklop
75 ml mayonnaise
2 ml anchovy-essens of 2,5 ml vissmeer
Klop room styf. Rasper blou kaas en voeg maaskaas by. Maak gelatien aan met 100 ml kookwater, roer tot glad, laat dit afkoel en gooi by kaasmengsel.
Voeg vissmeer (meng met klein bietjie kookwater) of essens by. Meng goed en plaas in ring. Sit in yskas tot gestol. Bedien met snytjies growwe brood of en beskuitjies. Sny in “snytjies” sodra die gaste daarvan wil hê.
Ek maak dit dubbeld aan. My ring is groot en die bietjie wat oorbly sit ek sommer in ‘n gewone bakkie vir die volgende dag vir ‘n snack (ek jok, nog voor die gaste kom is daai bakkie al lankal op). Of ek maak dit in kleiner vormpies en bedien dit individueel op.
As ek die ring klaar in die opdienbord gesit het, vul ek die gat in die middel met een van die volgende: – klein tamaties, olywe, groen vye, druiwekorrels, kersies, peppadews of ‘n klein bakkie met sweet chilli sous – net wat jy het of waarvan jy hou. Dit lyk nogal baie mooi en dit is weer iets anders as die gewone “chips en dip!
Dit het ‘n baie milde bloukaassmaak en is glad nie oorheersend nie. Selfs mense wat nie van bloukaas hou nie (ek is ook nie mal oor bloukaas nie), vind dit lekker.
BRON- Lorraine Weitz Brand
Lorraine Weitz Brand: Ons het so ‘n Deli waar ek soms anchovy essens kry. Ek glo altyd aan plan B. As ek dit nie kry nie, vat ek so ‘n halwe teelepel (per resep – maw as jy dit dubbeld aanmaak dan ‘n hele teelepel) Anchovy vissmeer en los dit op in baie klein bietjie kookwater. As dit dan afkoel, kan jy dit by die mengsel gooi. Vir diegene wat dalk dink die bloukaas gaan hulle afsit, my kleindogter van 4 jaar is absoluut mal daaroor. (sy glo dit gaan haar hare so lank soos Rapunzel s’n maak groei).







geskuif