

ELIZE SE LEKKER BRAAI RIB
1 lamsribbetjie
250 ml tamatiesous
125 ml asyn
200 ml suiker
5 ml Tabasco
sout, swartpeper en grofgemaalde koljander
Vryf die ribbetjie met sout en peper na smaak.
Plaas die ribbetjie in rooster.
Maak die ribbetjie langs die vuur staan met die beenkant na die vuur.
Laat dit stadig in hieride posisie braai.
Kook die res van die bestanddele vir 5 minute saam.
Verf die ribbetjie elke 10 minute met die bedruipsous, totdat dit gaar is.
Resep: Elize de Kock






