BILTONG EN BLOUKAAS TERTJIES
Hierrie goetertjies is baie lekker en gou en maklik om te maak! Ekt dit gemodify na kleiner happies en dit gehalveer want die resep se dis vir vier wat te veel is vir my en vroulief.
1 pakkie blaardeeg
80 g biltong, wat gekerf is
bloukaas
2 eiers
½ koppie room
Rol deeg uit en druk ronde sirkels wat in jou pannetjies pas en plaas in panne.
Plaas gekrummelde blou kaas in panne asook gekerfde biltong.
Meng twee eiers met ‘n halwe koppie room en giet oor blou kaas en biltong in pannetjies.
Plaas in voorvehitte oond van 180ºC vir ± 25 minute en siedaar – ekt dit self gemaak nie tinie nie!
Resep en foto: Gideon Louw








