EENVOUDIGE “MUD CAKE”
250 ml koekmeel
80 ml kakao
½ teelepel sout
2 eiers
250 ml strooisuiker
5 ml vanilla geursel
100 g gesmelte botter ( as julle die loperig soort kry in bottels…100 ml)
80 ml kakao
½ teelepel sout
2 eiers
250 ml strooisuiker
5 ml vanilla geursel
100 g gesmelte botter ( as julle die loperig soort kry in bottels…100 ml)
Verhit die oond na 200 ºC. Neem ‘n 24 cm los boom pannetjie en voer sy bodem uit met bakpapier.
Sif die meel, kakao, en sout saam.
Klits die suiker en eiers saam tot lig skuimerig. Voeg die vanilla by.
Vou die meel mengsel en botter versigtig om die beurt by die eiermengsel in.
Skep die mengsel in die voorbereide pan. Plaas op die onderste rak van ‘n voorverhitte oond en bak vir 17 min tot 20 min.
Elke oond is anders en in myne los ek hom vir net 17 min.
Laat effens afkoel en sif so ‘n bietjie versiersuiker oor. Bedien met roomys of geklitste room.
Resep en foto: Wilanda Räsänen