

BROODROLLETJIES IN BOTTER
Hierdie was oujaar se rolletjies saam met die braaivleis en ja die deeg het woes gerys en daarom is daar sulke woeste stukke…..haha!
1 kg koekmeel,
2 teelepels sout
2 teelepels suiker
1 pakkie anchor yeast
genoeg louwarm water om om deeg te vorm.
Knie en laat rys, knie af en knie weer en laat rys 2de keer.
Maak maar solank die bottermengsel soos onder,
Knie af en vorm bolletjies wat dan in die bottermengsel gerol word.
Mengsel van gesmelte botter, knoffel en sout(uiesout) gedroogde italian herbs en gedroogde pietersielie of vars kruie opgekap as jy het. Alles na smaak, Meng goe deur en doop elke bolletjie in die mengsel.
Sit die bolletjies in ‘n gespuite pan en laat rys weer bietjie en bak dan by 180 ºC tot gaar.
Resep en foto: Naudèa Visser






