

WILMA SE CHAKALAKA TERTJIES
500 g maalvleis
1 groot ui gekap
1 blik Chakalacka met mielies
250 ml gerasperde Cheddar Kaas
6 eiers geklits
Sout en swartpeper na smaak.
Pietersielie vir garnering
Maak so:
Stel die oond op 180gr C. Smeer ‘n muffinpan met margarien.
Braai maalvleis in ‘n pan uit sonder enige olie/magarien op medium hitte. Wanneer bruin en gaar skep met ‘n gaatjieslepel uit en braai die ui in die olie tot gaar. Voeg die maalvleis terug en gooi die chakalacka by. Voeg sout en swartpeper by. Prut tot al die water verdamp het.
Skep in muffinpan, gooi geklitste eier oor strooi kaas oor en laastens pietersielie.
Bak vir 20-25min tot eier gestol en kaas gesmelt het.
Bedien as ligte aandete met ‘n groenslaai of net so as ‘n versnappering.
BRON- Wilma Josey Venter






