

ROOIWYN EN TAMATIE LAMSKENKEL
250 ml koekmeel
6 x 300 g lamskenkels
2 eetlepels olyfolie
2 uie, gekap
4 knoffelhuisies gekap
250 ml rooiwyn
2 x 400 g blikke heel tamaties
500 ml hoender aftreksel
1 eetlepel bruinsuiker
4 lourierblare
3 takkies vars tiemie
Rol vleis in meel en skud oortollige meel af
Verhit die olie in n groot swaarboom kastrol en braai die lam tot mooi bruin haal uit en hou eenkant.
Braai uie en knoffel in dieselfde pot tot sag en bruin – voeg wyn by en kook 1 min roer met houtlepel.
Voeg nou die tamaties, hoenderaftreksel, suiker, lourierblare en tiemie by, sit nou die vleis in die sous en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte. Sit die deksel op en laat prut vir 2 uur tot vleis sag is en sous dik is. Kan ook in die oond op 140°C bak vir so 3 tot 3.5 ure.
Bedien met polenta of kapokaartappels
FOTO- Elize de Kock
Elize se nota: Dit was nou heerlik dankie vir die resep Linda, het net vars tamatie gebruik geen blikkies het 6 groot tamaties gebruik en 100 ml brandewyn ipv rooiwyn. Rede: ek het dit nie in die huis gehad nie. Maak die ding verseker weer. Teen 160°C vir 3 ure gebak en toe bietjie gegrill. Die vleis val van die bene af.







geskuif